Het geloof betekenis
As jy in ʼn pikdonker kamer sit, het jy nie ʼn idee wat om jou aangaan nie. Sit die lig aan en skielik maak alles sin. As jy geestelik blind is vir God sal jy Hom nooit raaksien nie. Maar as jou “geestelike oë” oopgaan, sal jy Hom sien. Ja, jy sal wéét Hy is daar. Jy sal nie oor Hom of sy bestaan wonder nie, maar jy sal weet. Dit is geloof.